Kamer tipes

Algemeen

Cura Lodge is in die stil, veilige en gegoede woonbuurt, Pellissier geleë. Dit bied luukse akkommodasie met ruim kamers, welige tuine en asemrowende uitsigte. Cura Lodge se hartlike gasvryheid is ideaal, of jy nou 'n moeë vakansieganger of sake reisiger in Bloemfontein is. Die lodge is sentraal geleë, net 1 km van die N1 en die Windmill Casino af, naby winkelsentrums en hospitale.

Ons gerieflike kamers is individueel ingerig en ons bied rustige, gemaklike verblyf en uitstekende diens. Elke kamer het sy eie en suite-geriewe, 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaak geriewe met beskuit, 'n ys-kassie, 'n mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware en 'n kluis in die kamer. Die VIP-kamer is ook die wittebrood-suite en dit is ekstra luuks ingerig.

'n Smullekker plaasontbyt word in die eetkamer bedien. Middagete en aandete is beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Gaste kan lekker in die swembad afkoel as die somer te warm word. Daar is braai geriewe, wasgoed geriewe en gratis WiFi-toegang. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar en die perseel is volledig omhein met 24 uur-sekuriteit's kameras. Die ruim konferensie- en funksie-venue kan tot 24 afgevaardigdes akkommodeer. Dit is ideaal vir vergaderings, span bou geleenthede, klein oggend troues, jaareindfunksie, ooievaarsparty of verjaardag vieringe.

Hoekom bespreek by ons:
• Gratis parkering
• DSTV (Hotel DSTV)
• Lugversorging in sommige kamers
• En-suite Badkamers
• Elektriese komberse
• Helder swembad (vir die somer)
• Braai geriewe (bestel bykos by die kombuis)
• Ontbyt
• Middagete en ete op versoek
• Tee en koffie stasie in die kamer
• Kredietkaart fasiliteite
• Sentrale ligging (naby N1, hospitale en winkelsentrums)
• Groep akkommodasie pakkette
• Korporatiewe pakkette
• Langtermyn afslag

Inboek

vanaf 14:00 uur

Inboek Metodes

  • Ontvangs - Vaste Ure

Uitboek

10:00 uur

Fasiliteite

Geriewe op Perseel

  • Braaiers op Aanvraag
  • Eetkamer
  • Eie Ingang na Kamers
  • Gemeenskaplike Kombuis
  • Gesins Vriendelik
  • Groep Verblyf
  • Jaareinde Funksies
  • Kaart Fasiliteite op Perseel
  • Ontvangs
  • Konferensie Fasiliteite
  • Selfoon Ontvangs
  • Swembad
  • Kuier Stoep
  • Tuin Uitsig
  • Handdoeke en Linne Voorsien
  • Braai Fasiliteite
  • Malaria Vry

Konferensie Geriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Sitplek vir tot 20 Afgevaardigdes
  • Tafels, Stoele, Tafeldoeke
  • Water en Pepperminte Ingesluit

Aktiwiteite op Perseel

  • Swem

Dienste op Perseel

  • Daaglikse Skoonmaakdienste
  • Wasgoed Dienste - Ekstra Koste

Parkeringstipes

  • Op Perseel
  • Agter Elektriese Heining
  • Gratis Parkering
  • Veilige Parkering
  • Agter Afstandbeheerde Hek

Internet

  • Gratis WiFi

Internet Verbinding Plek

  • Hele Perseel

Tale Magtig

  • Engels
  • Afrikaans

Troeteldiere

  • Op Aanvraag
  • Klein Diere

Aanvaarde Betalings Opsies

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • EFT (Elektronies Betaling)

Kansellasie / Voorafbetaalings

Kinders en ekstra beddens

Landmerk

Vat my soontoe

Instansie Omgewing

  • Voorstede

Paaie tot Instansie

  • Teer Pad

Voertuig wat benodig word om by omgewing uit te kom

  • Normale Sedan
  • Normale Bakkie
  • 4x4 Voertuig
  • 4x2 Voertuig

Resensies