Waterbesparing

Waterbesparing

Waterbesparing

Waterbesparing is ‘n realiteit in Suid-Afrika, en nie net in die Wes Kaap waar hulle tans die ergste droogte in 60 jaar beleef nie. Verskeie dorpe in the binneland sukkel al die afgelope 3 jaar met water tekorte, grootliks weens die droogte wat die somerreënvalstreek beleef het. Al slaap jy net een aand oor, op pad na jou vakansiebestemming moet jy nog steeds aandag gee aan die water tekorte in daardie dorpie.

Hier volg ons top 5 waterbesparingswenke:

  1. As jy langer as een aand by ‘n instansie bly, vra hulle om nie jou beddegoed en handdoeke elke dag te vervang nie. Dit spaar baie water, en jy kan linne en handdoeke gebruik vir omtrent ‘n week voor dit nodig sal wees om dit te vervang.
  2. Voor jy op jou vakansie ry, maak ‘n paar spuit bottels aan met verskeie mengsels wat sal help om water te bespaar ten tyde van jou vakansie. Meng gelyke dele water en wit asyn; spuit dit op klere sodra jy dit uittrek en hang op sodat dit bloot gestel word aan lug. Hierdie mengsel is fantasties om jou klere weer ‘n vars reuk te gee. Dit is optimaal om klere vir omtrent twee dae te laat hang voor jy dit weer aantrek. Vir dikker kledingstukke is dit altyd goed om ‘n versagmiddel en water mengsel te spuit. Meng omtrent een derde versagmiddel met twee derdes water in ‘n spuit bottel. Voor jy dit op donker klere spuit, toets eers vir kleur vastheid op ‘n stukkie wat nie gesien word nie. Bespuit jou kledingstukke en hang ook uit sodat dit weer droog word. Sekere kledingstukke, soos denims, kan vir tot 14dae gedra word voordat jy nodig het om dit te was. Onderklere kan sommer uitgespoel word in die stort.
  3. As jy ‘n blyplek bespreek, maak altyd seker dat daar ‘n stort beskikbaar is, al is dit nie in jou kamer nie. Met die water tekort wat die land beleef, is dit die moeite werd om ‘n paar tree te stap en eerder ‘n stort i.p.v. ‘n bad, te geniet. As die instansie dit nie reeds verskaf nie, vra vir ‘n emmer of bak as jy wil stort. Daardie water wat jy opvang, kan weer gebruik word om die toilet mee te spoel.
  4. Waterlose hand wasmiddel en baba afveedoekies moet altyd op jou lys van benodighede wees as jy iewers heen reis. Buiten dat dit gemaklike en handige items is om byderhand te hou, kan mens ook verskeie ander daaglikse take verrig. Baba afveedoekies kan dien as ‘n was lappie, sonder die seep en water. Dit is ‘n wonderlike item om te gebruik as jy wil was. In die ou dae, het mense tog uit skottels en met bekers gewas, dieselfde kan gedoen word met baba afveedoekies, net sonder die beker en skottel. Waterlose hand wasmiddel kan ook gebruik word om skottelgoed mee skoon te maak. Onthou net dat sny borde en ander items waarop rou vleis mee gewerk is, ekstra skoongemaak moet word.
  5. As jy gebruik maak van gebottelde water, maak seker dat dit water is wat van natuurlike bronne verkry word en nie net kraanwater is wat gefiltreer word nie. Gefiltreerde water mag dalk goedkoper wees as die wat van natuurlike bronne ontgin word, maar dit plaas egter ook druk op die waterbronne wat beskikbaar is vir munisipaliteite.