8am - 4.30pm Ondersteuningsnommer 082 759 5902 074 480 1111 062 525 2550

Wenke vir ‘n vakansie saam met jou jong kinders

3 minute

image

Beplan jy dalk ‘n heerlike somers vakansie saam met jou kleiner kinders by jou droom bestemming? Geen probleem! Om met jong kinders te reis kan baie stresvol raak maar terselfdtyd baie prettig wees. Om goeie beplanning te doen voor jou vakansie is beslis baie belangrik! Onthou, dit is egter ook belangrik om ‘n gesonde balans te hê tussen rustyd en besige aktiwiteite. Oorweeg dalk die volgende wenke vir ‘n minder stresvolle vakansie saam met die kinders:

Beplan vooruit

Eerstens, as jy van plan is om saam met jou jong kinders te reis, is dit belangrik om die vakansie akkommodasie, vervoer en reisplan vroegtydig te beplan. Moet ook nie te veel aktiwiteite op een dag te skeduleer nie, balanseer dit eerder uit oor julle vakansie tydperk.

Pak slim

Wanneer jy jou kinders se tas pak vir julle vakansie, pak net die minimum! Jy kan altyd later alles wat jy nog benodig by jou vakansie bestemming aankoop. Pak vir die kinders gemaklike klere in vir dag aktiwiteite en snoesige nagklere vir slaaptyd. Onthou ook om ekstra klere in te pak vir enige onvoorsiene omstandighedes.

Wenk: Rol die kinders se klere op voor jy dit in die tas pak, druk die kousies en onderklere netjies in die skoene vir meer spasie.

Oorweeg om ‘n woonstel te huur

Hotel kamers is nie juis geskik vir gesinne met jong kinders nie! Daar mag dalk net nie genoeg spasie en ruimte wees nie, wat dalk probleme kan veroorsaak. Oorweeg dit om ‘n woonstel uit te huur by jou vakansie bestemming, sodat dit vir jou gesin meer soos ‘n huis kan voel met baie meer spasie en speel plek vir die kinders.

Geniet gratis aktiwiteite

Onthou om ook te geniet wat die natuur jou kan bied! Moenie al jou geld spandeer op duursame aktiwiteite nie. Die beste dinge in die lewe het nie altyd ‘n prys op nie, gaan geniet ‘n stap saam met jou gesin, of gaan swem in die swembad as jou akkommodasie een het. Onthou ook om bord speletjies, speelgoed en storieboeke in te pak vir jou kinders se vermaak by die vakansie bestemming.

Hou by roetine

Hou by jou kleiner kinders se normale roetine, selfs al is julle op vakansie! Maak seker die kinders eet die tye wanneer hulle gewoonlik eet en gaan slaap ook dieselfte tyd as by die huis. Ouer kinders se roetines kan bietjie meer buigsaam wees op ‘n vakansie.