8am - 4.30pm Ondersteuningsnommer 082 759 5902 074 480 1111 062 525 2550

Wenke vir die beplanning van ‘n reis saam met vriende

3 minute

image

Is jy dalk besig om ‘n reis te beplan saam met ‘n groep vriende? Die basiese wenke vir ‘n lekker groep reis bly maar dieselfde in verskillende sitsuasies. Oorweeg die volgende wenke vir die beplanning vir jou volgende groep reis.

Kies die regte groep vriende

Hoe meer siele, hoe meer vreugde is nie altyd die geval as dit kom by ‘n groep reis nie! Maak seker dat al die verskillende persoonlikhede in die groep mekaar goed aanvul, om enige konflik sitsuasies te vermy vir ‘n stress-vrye reis. Dit sal ook voordeelig wees om seker te maak almal in die groep is gemaklik met mekaar.

Stel die begroting vroegtydig op

Die begroting is ‘n baie belangrike aspek van die beplanning vir jou reis saam met vriende. Maak seker dat julle as ‘n groep by mekaar kom en vergarder om die begroting van die reis voledig te bespreek. Almal in die groep moet sê wat hulle bereid is om te betaal vir julle reis sodat daar nie enige misverstande ontsaan nie. In hierdie moderne era is daar ook baie “apps” wat gebruik kan word om kostes te verdeel om die begrotings beplanning te organiseer en makliker te maak vir die groep.

Skep ‘n reisplan

Skep vooraf ‘n opwindinde reis plan! Beplan ‘n skedule saam met die groep vriende om seker te maak almal weet wat hulle graag op die reis sal wil doen. Dit is belangrik dat almal saam stem oor al die reis aktiwiteite en die plekke om te sien by die reis bestemming.

Bespreek goedkoper vlugte en verblyf

As julle as ‘n groep saam besluit om met ‘n vliegtuig te reis, bespreek vooraf die kaartjies vir goedkoper pryse en soek en vergelyk die beste aanbiedings. Vir akkomoddasie is daar baie instansies wat afslag pryse bied vir groepe of goeie pakkette vir ‘n bekostigbare prys. Kies dan die beste akkommodasie as ‘n groep.

Vra die bellangrike vrae vooraf

Dit is baie belangrik om al die nodige vrae te vra en te beantwoord voor die reis en nie gedurende die reis nie. Maak sekker die groep as ‘n geheel stem saam oor die bestemming, begroting, Vervoer kostes, aktiwieite en akkommodasie om enige verwaring tydens die reis te voorkom.

Persoonlike spasie is belangrik

Onthou, dit is altyd goed dat almal in die groep die vryheid het om hulle eie ding te kan doen. Ons almal het ons persoonlike ruimte nodig! Daar is miskien sommige lede van die groep wat iets wil doen wat die ander lede nie wil doen nie. Dit is belangrik om almal gelukkig te hou tydens die reis.