8am - 4.30pm Ondersteuningsnommer 082 759 5902 074 480 1111 062 525 2550

Die basiese paklys vir vroue wat vir ‘n somers vakansie na‘n bestemming by die see reis

3 minute

image

Die warm somer is uiteindelik hier in die sonnige Suid Afrika, na ‘n lang jaar se wag verdien jy ‘n baie lekker somers vakansie by die see. Wanneer ons begin beplan vir ‘n vakansie weg van die huis af vra ons gewoonlik waarheen? Asook, wat moet ek alles in my tas pak? Moenie bekommer, hierdie basiese paklys is geskep sodat jy maklik en vinnig deur jou pak proses kan en gereed kan wees vir jou vakansie weg by die see.

Die voor die hand liggende items:

Jy moet sommer hierdie noodsaaklike items heel eerste in jou tas pak voor jy na jou vakansie bestemming toe vertrek:

  • Geld
  • Paspoorte 
  • Bestuurslisensie-kaart
  • Identifikase dokument
  • Krediet of debiet kaart

Kleding-stukke

Jy kan natuurlik nie sonder klere gaan vakansie hou in Suid Afrika nie, maar om kleding-stukke meer spesifiek in te pak vir jou vakansie by die see kan jy seker maak jy pak die volgende in jou tas:

  • Swemklere
  • Somers rokkies
  • Kortbroeke
  • T-hemde
  • Uitrustings vir da gen nag uitstappies 
  • Aktiewe klere
  • Slaapklere
  • Onderklere
  • Plakkies en sandale
  • Tekkies
  • Strand hoed
  • Sonbrille

Skoonheid en toiletware noodsaaklikhede

Skoonheid en toiletware is baie belangrike benodighede vir ons dames, alhoewel ons vergeet dit ook maklik by die huis. Om seker te maak dat jy dag en nag gereed is vir jou vakansie uitstappies sal jy net moet seker maak jy pak die volgende basiese items is jou tas:

  • Grimering-sakkie
  • Lip salf
  • Borsel
  • Rekkies vir jou hare
  • Parfuum
  • Sweetweerders
  • Sjampoe 
  • Room
  • Handoeke en strand handoeke
  • Seep
  • Lappies om jou grimeering af te haal
  • Haar Droër
  • Haar produkte
  • Tandeborsel en tandepasta
  • Was sponsie

Apteek-lysie

Moet nooit vergeet om jou medikasie vir ‘n vakansie by die see in te pak nie! Pak die volgende in sodat as jy voorbeid kan wees as jy dalk siek word sodat dit nie jou hele vakansie belemer nie:

  • Jou voorgeskrewe medikasie
  • Sonbrand-room
  • Noodhulp boksie
  • Ander basiese medikasie
  • Hande skoonmaak-middel
  • Brille en kontaklense

Tegnologie

Ons kan nie in vandag se wêreld funksioneer sonder tegnologie nie. Maak dus seker dat jy jou basiese elektroniese toestelle saam neem na jou see vakansie bestemming:

  • Selfone
  • Selfoon- laaier
  • Kamera
  • Kamera-laaier
  • Reis “adapter”
  • Tablet en skootrekenaar
  • Oorfone
  • Elektriese proppe

Ekstra’s 

Die ekstra’s is gewoonlik daardie items wat heel laaste in die tas kan kom vir ‘n vakansie by die see:

  • Goeie boeke
  • Tydskrifte
  • Waterbottel
  • Bordspeletjies