8am - 4.30pm Ondersteuningsnommer 082 759 5902 074 480 1111 062 525 2550

Suid Afrikaanse Kersfees geskenk idees

3 minute

image

Jy weet Suid-Afrikaners is baie ernstig oor Kersfees as die kersversierings al reeds in Oktober opgesit word in winkel sentrums. Jy is seker al op die staduim besig om te wonder wat jy vir jou familie lede, lewensmaat of vriende gaan koop vir Kersfees. Hier is vir jou ‘n kort geskenk gids om jou te help met idees.

Geskenk idees vir ‘n braai-liefhebber

Dit is geen geheim dat ons Suid-Afrikaners baie lief is vir ons braai tradisie. Hier is vir jou ‘n paar geskenk idees vir daai spesiale braai meester wat jy dalk mag ken:

 

• Gepersonaliseerde braai voorskoot. 

• Pakkie met verskeie braai speserye.

• Braai toerusting.

• Multifunksionele braai “spatula”.

• Maak ‘n lekker braai pakkie op met heerlke vleis, speserye, bier en braai toerusting.

 

Geskenk idees vir nuwe mamma’s en pappa’s

Jy mag dalk vriende of familie hê wat onlangs ‘n baba gehad het, of dalk besig is om een te verwag. Oorweeg die volgende geskenk idees vir nuwe ouers met babatjies:

 

• Oulike baba doeksak.

• Enige iets hand-gemaak soos kombersies, sagte speelgoed of klere items.

• Items vir wanneer die tantjies begin uitkom.

• Oulike baba skoene en sokkies.

• Gepersonaliseerde of Bandana bibs.

 

Geskenk idees vir wyn-liefhebbers

Suid-Afrikaners hou baie van hul wyne, jy mag dalk ook iemand ken wat hul wyn waardeer. Oorweeg die volgende geskenk idees:

 

• “Limited edition” wyne.

• Mooi wyn glase.

• Wyn houers of ‘n wynrak.

• Afkoel sak vir wyn.

• Geskenk pakkie met verskillende wyne en wyn glase met biltong, kaas of sjokolade.

 

Geskenk idees vir koffie-liefhebbers

Baie Suid-Afrikaners hou van hul koffie soggens en deur die loop van die dag, oorweeg die volgende geskenk idees vir ‘n koffie-entoesias:

 

• Gepersonaliseerde koffie bekers of flesse.

• Pakkie met ingevoerde koffiebone.

• Mooi koffie potjies vir die kombuis.

• Koffie tema klere items, soos slaapklere, sokkies of pantoffels.

• Geskenk mandjie met koffiebone, koffiestroop en sjokolade.

 

Geskenk idees vir Hom

Jy mag dalk nog nie weet wat om vir die manne te koop vir Kersfees nie, maar hier is ‘n paar idees:

 

• Manlike reukwater.

• Hul gunsteling alkohol.

• Nuwe beursie.

• Pakkie met baard olies, roompies en baard toerusting.

• Klere items soos sokkes, onderklere of T-hemde.

 

Geskenk idees vir Haar

As jy nog nie weet wat om vir jou vrou, meisie of vriendinne te koop nie, oorweeg dalk die volgende idees:

 

• Parfuum.

• Nuwe resepte-boek.

• Grimeering of grimeer toerusting.

• Nuwe dagboek vir 2020.

• Juweliersware.

 

Geskenk idees vir reisigers

Jy mag dalk vriende of familie hê wat daarvan hou om te reis, hier is ‘n paar geskenk idees wat perfek is vir ‘n avontuursoeker:

 

• Nek kussing vir reis.

• “Air pods”.

• Polaroid kamera.

• Gefiltreerde waterbottel of reis koffie bekers.

• Gepersonaliseerde paspoort houer.