8am - 4.30pm Ondersteuningsnommer 082 759 5902 074 480 1111 062 525 2550

Veiligheids wenke vir reisigers in Suid Afrika

2 minute

image

Die wêreld kan 'n gevaarlike plek wees, maar mense is veral bang om in Suid-Afrika rond te reis weens al die skrikwekkende misdaad berigte. Dit sal voordelig wees om 'n paar veiligheids maatreëls in gedagte te hou, wanneer jy in Suid-Afrika rond reis. Jy kan steeds die beeldskone land verken, wees net waaksaam en volg die volgende wenke vir jou veiligheid.

Veiligheids wenke by ‘n Hotel/ander akkommodasie

• Hou jou deure ten alle tye gesluit.

• Sluit al jou waardevolle items in ‘n kluis toe.

• As iemand aan jou deur klop, maak seker jy vra eers wie by die deur is.

• Moet nooit jou tasse sonder toesig los nie, wees bewus waar al jou items is.

• Moet nooit jou hotel of akkommodasie sleutels verloor nie, hou dit veilig.

Veiligheids wenke in die straat

• Moenie teveel sigbare juweliersware dra as jy in die strate rond loop nie.

• Steek selfone en kontant weg, waar niemand dit kan sien nie.

• Vermy dit om te ryloop, huur eerder ‘n betroubare motordiens.

• Moenie snags rond loop in donker en verlate areas nie.

• As jy wel in die starte stap sorg dat jy in ‘n groep loop en nie alleen nie.

Veiligheids wenke vir die motor

• Beplan jou ry roetes van vooraf en gebruik, betroubare roete kaarte.

• Hou jou motor deure ten alle tye gesluit.

• Parkeer jou motor in veilige areas met sekuriteit.

• Moenie vreemde mense langs die pad optel nie.

• Wees oplettend wanneer jy by robots in die straat stop.

Algemene veiligheds wenke

• Doen deeglik navorsing oor die bestemming waarheen jy reis.

• Bel die Polisie vir noodgevalle op 10111 (gratis op landlyne).

• Moenie jouself teveel betrek met mense wat vir jou verdag lyk nie vetrou, jou intuïsie.

• Bewaar belangrike dokumente soos paspoorte en identifikasie.

• Kameras, handsakke en selfone is waardevolle items wat maklik geteiken word.