Reis met kinders – maklik gemaak!

Reis met kinders – maklik gemaak!

Hieronder volg 5 wenke hoe gesinne hul vakansieplanne in ‘n japtrap kan organiseer sodat elkeen kan ontspan:

  1. Doen dit net – moenie jou vakansie spandeer en heeltyd die ergste verwag nie. Wat as iemand karsiek raak, wat as iemand verdwaal? Dit is alles moontlike vrae wat jou as ouer angstig kan maak oor ‘n vakansie wat nog nie eers begin het nie! Dink eerder aan oplossings vir hierdie moontlike probleme en moenie jou hele vakansie opsy sit ag gevolg van moontlikhede nie. Alles draai nie altyd perfek uit nie, maar daar is min dinge so aangenaam om jou hele gesin saam op die vakansie te neem en te sien hoe elkeen hom/haarself ten volle geniet.
  2. Op die lughawe – dinge kan chaoties raak as dit kom by spertye vir vlugte, in rye sit, badkamerbreuke ens. Moenie vir mekaar kwaadraak as dinge nie loop volgens beplanning nie. Verdeel die take op tussen ma en pa en maak seker dat elkeen weet wat van hom verwag word om die reis so glad as moontlik te laat verloop. Byvoorbeeld: Ma vat die kinders na die badkamer en Pa is verantwoordelik om almal se dokumente bymekaar te hou.
  3. Bespreek verblyf met goeie oordeel – dink aan die uitleg van jou gastehuis/hotel en besluit of dit prakties gaan wees vir jóu gesin. Maak seker dat die kamer toegerus is met die nodige items vir jul behoeftes. Het julle dalk plek nodig in jul kamer om julle kind se opslaanbedjie op te slaan? Is trappe dalk buite die kwessie omdat jul die stootwaentjie gaan moet vervoer? Hierdie is alles moontlike faktore om te oorweeg voor daar ‘n bespreking gemaak word.
  4. Kinders is kinders – moenie jou hele vakansie stres oor jou kinders se gedrag en of dit aanvaarbaar is tussen omliggende mense nie. Ons weet niemand is gretig om op die strand te lê langs ‘n huilende baba nie, maar onthou net dat niemand se kinders perfek is nie en dat dit oukei is vir jou kinders om nog nie noodwendig die nodige etiket onder die knie het nie. Hy/sy gaan jou dal keen of twee keer in die oë sit deur vrae voor ander mense  te vra wat dalk on van pas is volgens jou. Moenie bekommerd wees nie, kinders bly kinders en ander mense is meerderheid van die tyd baie meer ontspanne oor die situasie as wat jy dink.
  5. Geniet die vakansie – moenie vergeet dat jy as ouer ook die wegbreek moet geniet nie, dit is tog hoekom julle daar is, nie waar nie? Lag baie, pak genoeg maar nie te veel nie, geniet dit tyd saam met jou kinders – hulle raak vinniger groot as wat jy dink. 

Deur hierdie wenke te volg gaan nie noodwendig die perfekte vakansie as uitkoms hê nie, maar dit sal beslis help om dit te vergemaklik!