8am - 4.30pm Ondersteuningsnommer 082 759 5902 074 480 1111 062 525 2550

Begroting reisgids: 6 geld besparings wenke vir jou volgende reis

3 minute

image

Om iewers heen te reis kan oor die algemeen baie duur raak. As jy nie versigtig gaan wees met die beplanning van die reis nie, kan jy maklik oor jou begroting gaan. Neem die volgende wenke in ag as jy geld vir spaar vir jou volgende reis.

Bespreek vooraf

Wanneer dit kom by die bespreking van akkommodasie, vervoer of vliegtuigkaartjies vir jou reis is dit altyd meer voordelig om om vroegtydig te bespreek. Vir meer bekostigbare pryse, bespreek jou akkommodasie vroeër eerder as later of in seisoen tye. As jy dalk vlieg bespreek jou kaartjies ook vroegtydig vir goedkoper pryse. Oorweeg dit dalk eerder om jou vliegtuig kaartjies op weeksdae soos Dinsdae en Woensdae te bespreek wat jou goedkoper sal uitwerk as om oor naweke te vlieg.

Reis buite seisoen

Baie vakansie bestemmings bied spesiale pryse en pakette aan buite seisoene, soms kan jy sommer akkommodasie bespreek vir helfde van die oorspronklike prys! Daar is ook baie spesiale pryse wat aangebied word vir bekende toeriste aktiwiteite buite seisoen tye. Dit beteken dat jy baie geld kan spaar om te reis na jou droom bestemming wanneer dit nie so besig is nie, maar jy kan dit steeds gaan geniet teen ‘n meer bekostigbare prys.

Doen navorsing

Doen deeglike navorsing oor die bestemming waarheen jy wil reis, vergelyk pryse van die akkommodasie wat daar beskikbaar is en kies dan die beste blyplek wat by jou begroting pas. Doen ook deeglike navorsing oor vervoer pryse na jou bestemming sodat jy jou begroting op die beste manier moontlik kan akkommodeer.

Beplan maaltye vooruit

Om elke dag uit te eet kan ‘n duur storie raak. Pak eerder padkos en peuselhappies in vir jou reis. Tuisgemaakte etes is baie meer koste effektief en jy kan sommer maklik ‘n paar items kry by jou bestemming se naaste kruideniers winkel. Jy kan ook lekker geld spaar as jy eers by die huis eet voor jy êrens heen gaan.

Vermaak op ‘n begroting

Moenie altyd net gefokus wees op al die duur aktiwiteite wat jy kan doen by jou reis bestemming nie. Oorweeg ook die volgende aktiwiteite

Besoek Museums

Gaan hou “picknick” in die botaniese tuine

Vermaak jou met buitelug-aktiwiteite soos om te gaan stap of swem

Gaan besoek plaaslike markies wat dalk naby is

Binnehuise vermaak soos bord speletjies

Selfsorg akkommodasie

Selfsorg akkommodasie is baie goedkoper as hotel verblyf! Akkommodasie met ‘n selfsorg eenheid is toegerus met 'n kombuis en moontlik ‘n braai-area, sodat jy net kruideniersware kan koop en by die huis kan kos maak. Dit werk jou baie goedkoper uit as om te gaan uit eet.